Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Jan van Tonder

@ Sunday Times Books LIVE

About Jan van Tonder

Jan van TonderJan Christiaan van Tonder is op 29 Augustus 1954 gebore en het in Durban grootgeword. Hy het ’n universiteitsgraad in sielkunde en kriminologie. Hy het in 1979 in die tronk begin skryf toe hy in die Point-gevangenis in Durban as bewaarder begin werk het. Die verhaal is gepubliseer en is aangewys as Huisgenoot se kortverhaal van die maand.

Naas tronkbewaarder was hy ook al kaartjieondersoeker, stoker, restaurantbestuurder, opleidingsbeamper, joernalis, skilder en skrywer.

Hy was hofverslaggewer en kunsredakteur van Die Transvaler en daarna is hy aangestel as hoofsubredakteur by die SAUK in Pretoria. Hy is benoem vir ’n Artes toekenning vir radio-verslaggewing. Hy het woon al ’n hele paar jaar op Oudtshoorn.

Hy het in 1983 gedebuteer met die novelle Wit vis. Dit is gevolg deur ’n bundel kortverhale, Aandenking vir ’n vry man, wat nes sy daaropvolgende novelle, Is Sagie, ’n naaswenner van die ATKV-prosaprys was.

Sy vierde boek, Die kind, het in 1990 die ATKV-prosaprys en in 1991 die FAK-prys vir ontspanningsleesstof ontvang.

 

Please register or log in to comment